Padlangs - Tuisblad van die Krugers  


Tuisblad van die Krüger's


Welkom by Padlangs, die tuisblad van Johan & Hanlie Krüger.

Hier gesels ons padlangs met mekaar in Afrikaans. Of dit nou die pad is Kaap toe of Kanada toe, maak nie saak nie. Lei jou pad jou na humor of na geloofsake, hier gaan jy kry wat jy soek.

Op hierdie tuisblad gaan jy ons gesin ontmoet op ons fotoblad, uitvind oor ons doen en late op ons aktiwiteiteblad, ons familie leer ken op ons familieregisterblad, sien wat is ons gunsteling Bybel sagteware, inligting kry oor immigrasie, leer hoe om jou eie webblad te ontwerp, lekker lag vir ons humor, kommentaar lees (en lewer, hoop ons...) oor hierdie blad en skakels kan volg na ander blaaie wat vir ons interessant en van waarde is.

Jy kan natuurlik ook jou eie webtuiste by ons bestel. Dis nou as jy nie lus is om self te leer webblaaie skryf nie. Ja, ek ontwerp ook webtuistes vir ander mense, nie net my eie nie. Dus, as jy wil toetree tot die wonderwêreld van die Internet en jou stem laat hoor, kontak my, dan gee ek vir jou 'n kwotasie vir jou eie webtuiste.

Nou wat maak mens met 'n tuisblad? Jy doen daarmee net wat jy wil. Van jou dienste adverteer, inligting oor jou stokperdjies beskikbaar stel tot sommer net lekker klets. Daar kan enige tipe inligting op so 'n tuisblad weergegee word. So 'n blad kan dus help om vir jou inkomste te genereer deurdat dit aangewend word as goedkoop advertensie medium.

Alle skakels na webtuistes wat nie deel is van hierdie webtuiste nie, sal in 'n nuwe venster oopmaak wanneer jy daarop kliek. Hierdie webtuiste sal dus altyd oop bly sodat jy met gemak hierheen kan terugkeer.

So met die tyd saam het hierdie webtuiste gegroei van enkele blaaie tot huidig iets oor die sewentig blaaie. Vir gereëlde besoekers is dit dus moeilik om by te hou met wat is nuut op Padlangs. Dus vertel ek julle maar hier wat is die nuutste toevoegings/veranderings op die webtuiste.

2006-03-24:

  1. Hans Walvis se stories opgedeel in verskillende blaaie.

2005-11-04:

  1. Eerste drie preke van 'n reeks uit Timotheüs van Ds. A.P. Krüger geplaas onder Geloofsake > Preke > Ds. A.P. Krüger > Timotheüs-reeks.

2005-07-30:

  1. Onder "Geloofsake, Bybelstudies" 'n nuwe blad bygevoeg oor 'n Bybelstudiegids oor die boek Ester.

2005-05-28:

  1. Nuwe afdeling oor Solar Energie begin en eerste blad oor Swembadverhitting bygevoeg.

2005-01-28:

  1. Laaste drie preke van Ds. A.P. Krüger van 'n reeks uit Sagaria geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.
  2. Verskeie preke van Ds. A.P. Krüger geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.

2004-11-21:

  1. Hele webtuiste herbou en 'n nuwe baadjie aangetrek.
  2. Nog drie preke van Ds. A.P. Krüger van 'n reeks uit Sagaria geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.

2004-06-13:

  1. Drie preke van Ds. A.P. Krüger van 'n reeks uit Sagaria geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.

2004-04-09:

  1. Laaste sewe preke van Ds. A.P. Krüger van 'n reeks uit Genesis geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.

2004-03-21:

  1. Vier preke van Ds. A.P. Krüger van 'n reeks uit Genesis geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.

2003-08-31:

  1. Laaste drie preke van Ds. A.P. Krüger oor die sewe kruiswoorde geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger, Aan die Kruis: Jesus ly dors om ons dors te les, Aan die Kruis: Jesus het alles volbring en Aan die Kruis: Jesus kondig sy oorwinning aan.

2003-04-27:

  1. Nog twee preke van Ds. A.P. Krüger geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger, Aan die Kruis: Drie uur duisternis - Jesus van God verlaat, en Aan die Kruis: Jesus se liefdesopdrag.

2003-03-30:

  1. Twee nuwe preke van Ds. A.P. Krüger geplaas by Preke - Ds. A.P. Krüger.

2003-03-22:

  1. Nuwe skakels geplaas op die Skakels blad.
  2. Nuwe afdeling Geloofsake geplaas en Bybel Pakkette daarheen verskuif.
  3. Nuwe Bybelpakket geplaas op die Bybel Pakkette blad.

Ons hoop jy geniet jou besoek aan ons webtuiste.


Terug na bo