Bybel SagtewareAl die Bybelpakkette wat op hierdie blad beskryf word, is gratis beskikbaar om af te laai vanaf die Internet. Die toepaslike skakels is onderaan elke beskrywing geplaas.
Theophilos
Theophilos beskik ook oor volle HTML steun. Enige webbladsy kan dus in die pakket oopgemaak word. Dit is veral handig indien daar teologiese artikels van die Internet af afgelaai word vir bestudering. Die pakket het ook multimedia funksionaliteit. So kan daar 'n foto en klank aan 'n teks gekoppel word om outomaties oop te maak of te speel wanneer die vers in Theophilos gelees word. Daar is ook taalsteun vir 'n hele aantal verskillende tale, onder andere ook vir Afrikaans. Wat die pakket besonders maak, behalwe dat dit alles totaal GRATIS is, is die hoeveelheid Afrikaanse werke wat reeds beskikbaar is in Theophilos formaat. Die meeste van die werke is deur Dr. A.H. Bogaards van die Gereformeerde Kerk Daniëlskuil in Theophilos formaat verwerk. Onder andere is die volgende werke beskikbaar:
Daar is ook 'n "utility" beskikbaar genaamd SCRIBE waarmee enige een addisionele modules kan verwerk in die Theophilos formaat. Die hoofsaaklike program ontwikkeling word gedoen deur Ivan Jurik. Hy baseer sy ontwikkeling volledig op insette wat deur die gebruikers van die pakket verskaf word. Daar is dan ook 'n gebruikersforum waar die pakket en algemene geloofsake bespreek word. Die forum funksioneer deur middel van e-pos en die diens word gratis verskaf deur Yahoogroups. Dit is 'n vrywillige forum waarby enige persoon kan aansluit. Die forum bestaan uit gebruikers van Theophilos węreldwyd en die voertaal is Engels. Theophilos kan afgelaai word by: www.theophilos.sk
The Sword ProjectThe Sword Project is 'n naslaanwerk vir die wat verskillende tekste van die Bybel wil vergelyk. Daar is verskillende vertalings van die Bybel beskikbaar, asook Strong se Konkordansie met Griekse en Hebreeuse woorde. Die International Standard Bible Encyclopedia kan ook addisioneel afgelaai word. Matthew Henry se volledige kommentaar van die Bybel is ook beskikbaar. The Sword Project kan afgelaai word by: www.crosswire.org
Bible DatabaseBible Database is 'n omvattende pakket met woordeboeke, kommentare, kaarte en vele meer. Die soekfunksie is uitstekend en maklik om te gebruik. Daar is 'n groot aantal Bybels in verskillende tale beskikbaar, onder andere ook die Afrikaanse '53 en '83 vertalings. Daar is ook voorlesings van 'n hele klompie Bybelboeke beskikbaar in mp3 formaat. Die King James Version word voorgelees. Die pakket met addisionele Bybel modules kan afgelaai word by www.bibledatabase.org.
'n Handige funksie van die Bible Database program, is die "Multi Bible" opsie. Hiermee kan verskillende vertalings van die Bybel met mekaar vergelyk word, of vers vir vers, of hoofstuk vir hoofstuk.
|