Free Web space and hosting from jislaaik.com
Search the Web

Padlangs - Geloofsake  


Geloofsake


"En omdat ons dieselfde Gees van die geloof het--soos geskrywe is: Ek het geglo, daarom het ek gespreek--glo ons ook, daarom spreek ons ook."

2 Korinthiërs 4:13


Geloof is 'n integrale deel van enige gelowige se lewe. Dit is soos om asem te haal, jy kan nooit daarsonder nie. So is geloof ook vir my belangrik en kan ek nie anders as om daaroor te praat nie. Ook hier op my webblad. Ek gaan nie hier poog om 'n volledige uiteensetting van die Christelike geloof te gee nie, ook nie 'n uiteensetting van die Gereformeerde oortuiging nie. Daarvoor is daar meer as genoeg ander webtuistes beskikbaar waar sulke inligting gepubliseer is.

Wat ek wel hier wil doen, is om Bybelstudies, preke, oordenkings en sulke materiaal beskikbaar te maak. Ook om bronne te plaas waar daar meer oor die Christelike geloof en Gereformeerde oortuiging opgelees kan word. Op hierdie wyse laat ek ook Christus se lig skyn deur hierdie medium.

'n Kort oorsig van wat hier beskikbaar is:

  1. Inligting oor Bybel sagteware. Ek vind sulke sagteware 'n groot hulpmiddel in my Bybelstudie. Dit help om vinnig tekste op te spoor en bied ook 'n elektroniese manier om Bybelkennis te verbreed.

  2. Verskeie preke van Gereformeerde Predikante. Woordverkondiging was en is nog altyd 'n belangrike metode om Skrifkennis te verbreed en so ook ander insigte te kry oor spesifieke sake en Skrifgedeeltes.

  3. Preeksketse van preke wat vir my treffend en van waarde was. Ek weet nie juis hoe 'n preekskets moet lyk nie, dus het ek die preke maar so goed ek kon onthou neergepen. As jy ervare is met sulke werk en kan hulp gee, is jy meer as welkom om vir my te skryf.

  4. Bybelstudies oor temas wat ek voel tersaaklik is vir die tyd waarin ons leef.

  5. Oordenkings, weereens net sulke goeie materiaal om Skrifkennis en insig te verbreed.


Bronne


Die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika

Die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika
Tuisblad van die Gereformeerde Kerke in Suid Afrika. 'n Goeie vertrekpunt as jy meer wil weet oor die Gereformeerde Kerk in Suid Afrika. Ja, die Doppers is ook "by" genoeg om 'n webblad te kan hê.


Die Bybel. Gaan lees die Bybel aanlyn.

www.bybel.co.za
'n Webtuiste waar jy die Bybel aanlyn kan gaan lees. Bevat ook 'n soekfasiliteit om na spesifieke tekste te gaan soek.


www.dominee.co.za
Die webtuiste bevat ook heelwat Gereformeerde preke.

Terug na Indeks


Terug na bo